Herman Stemmit (Graad 11)
Ek het altyd redelik goed presteer, behalwe in wiskunde en tale – wat 'n gemors! Ek was nie lus vir 'n leeskursus nie, maar gelukkig het my ma aangedring. Ek sal die ses weke enige tyd herhaal! Die Wise Eye personeel het my uniek en spesiaal laat voel en vandag lees ek meer as 600 woorde per minuut, met 'n gemiddelde inname van 80%. Tale en wiskunde is nou van my gunsteling vakke!